[VIDEO] Frederick ‘does it his way’

Op vier jarige ouderdom sing Frederick Fourie vir die eerste keer saam met sy pa, en vandag, 12 jaar later, op 16 jaar sing hy alleen voor 'n stampvol saal.

POLOKWANE – Frederick het verlede jaar deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Talent Kampioenskappe waar hy vyf goue en een platinum medalje gewen het. Hy is ook gekies om in Amerika aan die Actors, Models and Talent for Christ (AMTC) Shine Convention deel te neem.

“Ek het modelwerk en drama gedoen en ‘n beurs gekry om vir vier weke by die New York Film Academy te studeer.”

Hy het onlangs ‘n konsert gehou om sy talent met Polokwane te deel, maar later besluit om dit ‘n geldinsamelingsprojek te maak vir Aziel Verreynne (3) wat middel November in die swembad geval het en amper verdrink het.

Hy was ongeveer 20 tot 40 minute onder die water voor hy gevind is. Nadat hy gestabiliseer is, is hy oorgeplaas na Johannesburg waar hy by Garden City Hospitaal versorg is. Die dokters was nie seker of hy dit sou maak nie, maar al sy organe het wonderbaarlik begin herstel en dit was ‘n teken dat sy brein gesond word.

“Toe ek van Aziel hoor het ek dadelik besluit om sy gesin te help. Hulle mediese uitgawes is baie hoog,” vertel Frederick wat toe sommer nog ‘n konsert gereël het, die keer in Pretoria. Met sy solo konsert in Polokwane het hy liedjies van Frank Sinatra, Roger Wittaker en Kenny Rogers gesing.

Luister hier na liedjies van Frank Sinatra. Sy sangmaat op een van die video’s is Mischa Becker.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version