[VIDEO] Akademie Reformia hou Ouma en Oupa dag

Leerders van Akademie Reformia het op Donderdag, 13 September hulle geliefde oumas en oupas bederf met 'n spesiale konsert.

POLOKWANE – Die oumas en oupas is in die APK Kerk se saal onthaal en bederf met nie net lekker sing en dans nie maar ook met iets spesiaal om aan te smul.

Dié geleentheid word elke derde jaar deur die skool aangebied. Een van die oupas, Danie Schutte het aan Review vertel dat die dag altyd baie spesiaal is, omdat jy kan sien hoe hard die kinders geoefen het vir die dag.

“Ons as oupas en oumas sien die kinders sing en dans by die huis, maar dis regtig besonders om hulle so op ‘n verhoog te sien dans saam met hulle maats. Dis ook bietjie hartseer as mens besef hoe vinning hulle groot word,” vertel hy.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version