Lentejolyt by MoN se Tuinskou

Die lente het die naweek in volle glorie met helderkleurige plante, nuutste tuintoerusting en skeppende idees by Mall of the North se Tuinskou ontvou en besoe­kers geïnspireer om die seisoen in volkleur te vier deur meer tyd in tuine deur te bring. Glinserende tuinfeetjies, kabouters en die mooiste blomme is op kinders se gesigte geverf …

Die lente het die naweek in volle glorie met helderkleurige plante, nuutste tuintoerusting en skeppende idees by Mall of the North se Tuinskou ontvou en besoe­kers geïnspireer om die seisoen in volkleur te vier deur meer tyd in tuine deur te bring.
Glinserende tuinfeetjies, kabouters en die mooiste blomme is op kinders se gesigte geverf om ‘n ensemble van die spesiale geleentheid te vorm.
Uitstallers van Clivea-Eden, Van Niekerk Kwekery en Game is ingenome met hul verkope tydens die skou. Anke Varkevisser van Doodlebugs het die kindergesiggies in pragtige blomtuine omtower.

Storie en foto’s: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Madeleine en Sarel Spies is beïndruk met die boslelies wat hulle van Clivea-Eden aangeskaf het.
Wilma Liebenberg (links) en Lizanda de Lange (regs) met petunias wat hul gekoop het. In die middel is Theunis Fourie, direkteur, en Alfred Nthabalana van Van Niekerk Kwekery.
Cliviakwekers kon die seldsame Mari Delport’s Green by die skou bewonder.
Mieke van Deventer kon nie ophou glimlag oor die fraaie lentefeetjie op haar wang nie.
Exit mobile version