Local NewsNews

Vroem-vroem kry gr. 7’s Bybels

Op Sondag, 9 September, het die Bikers in Christ motorfietsgroep hul jaarlikse Limpopo Bible Run ten bate van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika gehou.

POLOKWANE – As jy gedink het motorfietsryers is rof en onbeskof, dink weer.

Die Word Riders, ‘n span motorfietsryers uit alle professies, reis kruis en dwars binne die land om Bybels aan veral gr. 7-leerders te gee wat nog nooit Bybels van hulle eie gehad het nie.

Op Sondag, 9 September, het die Bikers in Christ motorfietsgroep hul jaarlikse Limpopo Bible Run ten bate van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika gehou.

Tydens hierdie geleentheid is die byeenkoms vernoem na Bossie’s Bible Run.

Bossie Bosman is ‘n bekende in die motorfietsgemeenskap wat die jaarlikse Bible Run nege jaar gelede begin het.

Ds. Danie Ueckermann lei die diens tydens die Bikers in Christ se jaarlikse Limpopo Bible Run.

Tydens die byeenkoms het Ds. Danie Ueckermann van die Bybelgenootskap, die kerkdiens van Bikers in Christ gelei en ook meer vertel van Word Riders en die genootskap.

“Mense moet aan drie dinge voldoen om ‘n Word Rider te wees. Eerstens moet hulle lief wees vir die Here, tweedens moet hulle lief wees vir Sy woord en derdens moet hulle lief wees vir motorfietsry. Word Riders ry met hul motorfietse om getuienis te gaan lewer en vir ander mense te bid.”

Hy vertel dat ‘n Bybel teen R60 aangekoop kan word wat dan weer geskenk kan word.

Hoërskool Pietersburg se leerders het in drie weke R21 000 ingesamel. Ons hoop dat ander skole ook die initiatief sal neem om geld so in te samel. Dit is wonderlike as kinders Bybels vir ander kinders skenk.

“Alle gelde wat vandag ingesamel word, word gebruik om Bybels te koop.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button