‘Bitter pil om te sluk’

- Die swak opkoms by die jaarlikse Witkruismonument opgradering wat op Saterdag, 1 September, plaasgevind het, is 'n bitter pil vir die organiseerder, Lita Fourie om te sluk.

LIMPOPO – Fourie het tydens ‘n onderhoud aan Bosveld gesê sy sukkel om tot verhaal te kom oor die swak opkoms met die Witkruisopgradering.

“Dit is ‘n jaar se beplanning, werk en advertensie met baie teenkanting van mense wat ek in die Witkruismonument se opgradering sit.

“Die kostes en beplanning dra ek op myself en die jaar se kostes het by die R20 000 gedraai.”

Fourie sê dit is tyd dat mense moet besluit of hulle dink daar is nog plek vir hulle in Suid-Afrika en of hulle wil opstaan en baklei vir hulle regte en hulle plekkie hier onder die Afrika son.

“Daar is weer 51 nuwe kruise opgerig en die Witkruismonument is die enigste monument wat groei. Dit hartseer om te sien hoe min belangstelling daar in die gemeenskap is.

“Bitter min boere van Limpopo was by die opgradering.

“Die meeste mense was vanaf Gauteng, Vrystaat en Natal. Daar was ook drie familielede van oorsee.”

Daar is die mense waarop ek elke jaar kan steun en vir hulle wil ek baie dankie sê sonder hulle het ek al lankal moed opgegee. Van die Bittereinde Kommando se lede kom van verskeie provinsies tot sover as Natal met hulle perde en uitrustings.

Klara Schutte van die Bittereinde Kommando gekleë in tradisionele boeredrag lei haar perd Maanskyn.

Dan wil ek ook Talisman van Polokwane bedank wat die enigste besigheid is wat my elke jaar ondersteun, die AWB en 911 Motorfietsklub.”

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version