NewsSchools

Welslae vir plaaslike skole in krieketliga

‘n Gesonde mededingingsgees het langs plaaslike skole se krieketvelde geheers tydens ‘n verskeidenheid krieketwedstryde wat sedert verlede week en oor die naweek gespeel is. Die laerskole se ligawedstryde het ook verlede week begin met Pieters­burg Laerskool wat Donderdag Bombeleni Primary School met 93 lopies ore aangesit het. Suidskool was eerste in die kolfkampie en het …

‘n Gesonde mededingingsgees het langs plaaslike skole se krieketvelde geheers tydens ‘n verskeidenheid krieketwedstryde wat sedert verlede week en oor die naweek gespeel is.
Die laerskole se ligawedstryde het ook verlede week begin met Pieters­burg Laerskool wat Donderdag Bombeleni Primary School met 93 lopies ore aangesit het. Suidskool was eerste in die kolfkampie en het 166/7 aangeteken. Tydens hul boulbeurt het hul korte mette met Bombeleni se spelers gemaak en die wedstryd maklik gewen.
Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se eerstespan het Saterdag op hul tuisveld vir Hoërskool Louis Trichardt met agt lopies getroef. Tommies het tydens hul boulbeurt 198 lopies in die sak gehad terwyl Triegies slegs 190 lopies kon behaal. Tommies se o.15A-span het ongelukkig aan die kortste end teen Triegies getrek en kon slegs 76 lopies teenoor Triegies se 138 behaal.
Op Hoërskool Pietersburg (PHS) se veld het die o.15A-span eerste veldwerk gedoen en Nkowankowa Secondary School vir slegs 133 lopies uitgeboul. PHS haal hul opponente se tel­ling met 10 paaltjies staande in.
Die o.15B-span het ook naam teen Hoërskool Louis Trichardt gemaak en 323/6 behaal. Triegies het slegs 150 lopies aangeteken voordat Pieties al hul paaltjies laat kantel het en met 173 lopies seëvier.
PHS se tweedespan het met sewe paaltjies staande teen Southern Cross, wat slegs 77 lopies kon aanteken, uitgetroon.
Pieties se eerstemeisiespan het teen Hoërskool Piet Potgieter vasgeval en kon slegs 65 lopies almal uit aanteken teenoor Piet Potgieter se 179/6.

Storie:  RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Quandré Opperman van Suidskool se o.11-span in aksie.
Tommies se o.15A-speler, Schalk Janse van Rensburg, tydens sy boulbeurt.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button