Twaalf beswyk in net drie dae op Limpopo-paaie

Hoë verkeersvolumes wat met verskeie nood­lottige botsings regoor die provinsie gepaard gegaan het, het die Zion Christian Church (ZCC) se Septembersaamtrek by Moria buite die stad weer die naweek gekenmerk. Twaalf mense is van Vrydag tot Sondag in nege ongelukke dood en het 28 botsings regoor die provinsie plaasgevind – ‘n afname in verlede jaar …

Hoë verkeersvolumes wat met verskeie nood­lottige botsings regoor die provinsie gepaard gegaan het, het die Zion Christian Church (ZCC) se Septembersaamtrek by Moria buite die stad weer die naweek gekenmerk.
Twaalf mense is van Vrydag tot Sondag in nege ongelukke dood en het 28 botsings regoor die provinsie plaasgevind – ‘n afname in verlede jaar se syfers van 57 botsings waarin 36 mense in 25 ongelukke omgekom het.
Van die nege ongelukke waarin mense gesterf het, het vier in Mopani gebeur en twee in Vhembe en Capricorn afsonderlik. Drie van die oorledenes is voetgangers, vyf bestuurders en vier passasiers.
Die woordvoerder van die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid, Matome Moremi-Tauyatswala, sê die afname kan hoof­saaklik aan die samewerking van bus en taxibestuurders om sterftes op paaie te verminder toegeskryf word. Goeie sigbaarheid van verkeersbeamptes veral op die R37 en R71 het ook volgens hom tot die afname bygedra. “Daar was geen busongeluk nie en slegs een taxi-ongeluk is in Waterbergdistrik aangemeld. Die meeste ongelukke van die naweek hou nie met die ZCC-saamtrek verband nie.”
Die hoofoorsaak bly steeds spoed en be-
stuurders wat gevolglik beheer oor hul voertuie verloor. Daarnaas is veilige volgafstande wat nie gehandhaaf word nie en roekelose bestuurs en voetgangers wat paaie blindelings oorsteek van die ander redes.
Die meeste ongelukke het in die Mopanidistrik (10) plaasgevind gevolg deur Waterberg en Capricorn (6), Sekhukhune en Vhembe (3).

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Exit mobile version