Seunskrieket van PHS goed op dreef in liga

Seunskrieketspelers van Hoërskool Pie­tersburg (PHS) het die naweek vinnig uit die blokke gekom en hul veelsydigheid met goeie boul- en kolfwerk onderstreep om seges in al hul ligawedstryde te behaal. Die o.15B-span het Hoër Tegniese Skool Tom Naudé eerste kans voor die paaltjies gegee en 117/8 aangeteken. Tydens Pieties se kolfbeurt haal hulle Tommies se …

Seunskrieketspelers van Hoërskool Pie­tersburg (PHS) het die naweek vinnig uit die blokke gekom en hul veelsydigheid met goeie boul- en kolfwerk onderstreep om seges in al hul ligawedstryde te behaal.
Die o.15B-span het Hoër Tegniese Skool Tom Naudé eerste kans voor die paaltjies gegee en 117/8 aangeteken.
Tydens Pieties se kolfbeurt haal hulle Tommies se telling in 12 beurte in met 7 paaltjies staande.
Die o.15A-span was goud werd op die veld met 332 lopies vir ses teen Stanford Lake College (SLC) wat tydens hul kolfbeurt slegs 105 lopies aangeteken het.
Die eerstespan het ook teen SLC uitgedraf en het in 29,4 beurte slegs 135 lopies, almal uit, teen Pieties se kookwateraanval behaal. Pieties teken 136 lopies vir sewe paaltjies aan en wen die wedstryd met drie paaltjies staande.
Die tweedespan het koppe met Hoërskool Eric Louw gestamp met Pieties wat 345 lopies almal uit aanteken. Louwtjies se antwoord daarop was nie goed genoeg en Pieties wen met 283 lopies.
Die eerstemeisiespan kon egter nie die mas teen Mahwelereng Secondary School opkom nie en het met 120 lopies verloor.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

PHS se eerstekrieketspan-paaltjiewagter, Glen Groenewald, wag die bal in.
PHS se Hardus Smit, o.15B, boul terwyl skeidsregter, Graim Eley, hom dophou.
Exit mobile version