Local NewsNews

Polokwane polisiestasie trek nuwe baadjie aan

Vulstasie-eienaars het dit goed gedink om die Polokwane polisiestasie se vooraansig op te knap ter viering van hul goeie verhoudings met die plaaslike polisiediens (SAPD). In samewerking met Limpopo Contractors is die stasie oorgeverf, stukkende vensters is vervang, ‘n oprit is gebou, die voorportaal is geteël en ‘n afdak is opgerig. Die seremoniële oorhandiging is …

Vulstasie-eienaars het dit goed gedink om die Polokwane polisiestasie se vooraansig op te knap ter viering van hul goeie verhoudings met die plaaslike polisiediens (SAPD).
In samewerking met Limpopo Contractors is die stasie oorgeverf, stukkende vensters is vervang, ‘n oprit is gebou, die voorportaal is geteël en ‘n afdak is opgerig. Die seremoniële oorhandiging is verlede Donderdag gehou.
Frank Hislop van Elegant Fuel sê dit is belangrik om ‘n goeie verhouding met die polisie te hê omdat daar soveel misdade by vulstasies plaasvind. “Ons trek ‘n nuwe baadjie vir die stasie aan uit dankbaarheid vir hul onbaatsugtige diens aan die gemeenskap en gee so terug aan die mans en vrouens in blou.
André Kotze het namens die SAPD die betrokke vulstasie-eienaars vir hul inisiatief bedank.

Storie & foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button