Oud-inwoner, geliefde veearts sterf in ongeluk toe helikopter neerstort

Freek (ook genoem George) Snyman, 'n veearts en voormalige inwoner van Polokwane, is verlede week in 'n helikoperongeluk oorlede.

POLOKWANE – Die ongeluk het in ‘n wildreservaat naby Queenstown in die Oos-Kaap gebeur. Die vlieënier is tydens die ongeluk beseer maar Snyman het aan sy beserings beswyk.

Snyman was ‘n voormalige leerder van Hoërskool Noorderland en sy ouers het op Vivo gewoon.

Freek het in 2011 as veearts gekwalifiseer en het by ‘n gemengde veeartseny-praktyk in Polokwane begin werk waar hy die werk as wildsveearts baie geniet het.

Freek Snyman, voormalige veearts van Polokwane

In Mei 2015 het hy en sy vrou, Stacey, na Port Elizabeth verhuis en Silver Arrow Wildlife Vet Services begin. Die praktyk het uit homself en Stacey, ‘n veeartsenyverpleegster, bestaan en hulle het grootendeels wild behandel.

Die egpaar het ook veeartsenystudente opgelei om dié tipe werk te doen.

Gedurende die tyd van die Knysna-brande Snyman hy ‘n ope uitnodiging op sy Facebookblad gerig dat bokke, slange, voëls en ander soogdiere wat in die brande seergekry het, na sy praktyk gebring kan word.

Talle huldeblyke is op sy Facebookblad geplaas na die nuus van sy afsterwe. “George, jy was ‘n legend”, “Die wêreld is vir seker armer sonder jou daarin”, “Wonderful vet, wonderful friend”, “You loved what you did and inspired me” (sic) was onder andere van die plasings.

Op ‘n YouTube video deur die Red Apple Dyslexic Association, word Freek as voorbeeld gebruik van iemand, wat ondanks die feit dat hy ‘n disleksielyer was en in 2001 gediagnoseer was met diskalkulie en Irlin Sindroom, erekleure in akademie sowel as rugby en krieket behaal het.

Volgens sy gewese kollegas by die veeartseny-praktyk waar hy in die stad gewerk het, het hy ‘n impak op almal se lewens gemaak en is sy dood ‘n verlies vir almal.

Jan Viljoen, veearts verbonde aan die kliniek, sê dat Snyman ‘n vriendelike en aangename mens was, hardwerkend en met ‘n goeie humorsin.

‘n Diens om sy lewe te vier is Maandag vanuit die St. Marks Congregational Church in Port Elizabeth gehou.

nelie@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version