NewsSchools

Pieties se o.15-netbalspan voer die botoon

Netbalspelers se fiksheid is tot die uiter­ste getoets tydens die Limpopo Fast 5-netbalkampioenskappe wat Saterdag by Hoërskool Pietersburg (PHS) aangebied is. Slegs o.15- en o.17-spanne het deelgeneem en PHS se o.15-span het koning gekraai. Hoërskool Ben Vorster en Hoërskool Merensky het die tweede en derde plek op die podium ingeneem. In die o.17-afdeling het Vossies …

Netbalspelers se fiksheid is tot die uiter­ste getoets tydens die Limpopo Fast 5-netbalkampioenskappe wat Saterdag by Hoërskool Pietersburg (PHS) aangebied is.
Slegs o.15- en o.17-spanne het deelgeneem en PHS se o.15-span het koning gekraai. Hoërskool Ben Vorster en Hoërskool Merensky het die tweede en derde plek op die podium ingeneem.
In die o.17-afdeling het Vossies met die louere weggestap gevolg deur Merensky tweede en Pieties derde.
PHS-skakelbeampte, Elmari Craig, sê Fast 5-netbal raak baie gewild onder spelers. “Vyf spelers per span speel vier kwarte van 6 minute elk met ‘n minuut rustyd. ‘n Ekstra sirkel word by die doel­paal getrek en doele binne dié sirkel tel een punt, buite die sirkel twee punte en buite die oorspronklike doelsirkel drie punte.”

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Estelle Cloete van PHS se o.17-span verdedig.
Die o.17-speler van Tommies, Madiba Mulalo, regs, en haar opponent spook om balbesit.
PHS se o.17-speler, Kayla Crause soek ondersteuning.
Onthatile Molepo, Kruinies o.17, ontvang die bal.
Moyahabo Leopeng van Kruinies se o.17-span soek ‘n gaping deur die verdediging.

Related Articles

Back to top button