NewsSchools

Osieteddies leer meer oor dieregedrag tydens besoek aan reptielpark

Groot opgewondenheid het verlede Woensdag onder kleuters van Osieteddies Kleinkindont­wikkelingsentrum tydens ‘n besoek aan ‘n plaaslike reptielpark geheers. Die kleuters het verlede week van voëls geleer nadat hulle die voorafgaande tyd meer oor troetel-, wilde- en plaasdiere geleer het. ‘n Besoek aan die park het die ideale geleentheid gebied om die dieretema sinvol af te …

Groot opgewondenheid het verlede Woensdag onder kleuters van Osieteddies Kleinkindont­wikkelingsentrum tydens ‘n besoek aan ‘n plaaslike reptielpark geheers.
Die kleuters het verlede week van voëls geleer nadat hulle die voorafgaande tyd meer oor troetel-, wilde- en plaasdiere geleer het.
‘n Besoek aan die park het die ideale geleentheid gebied om die dieretema sinvol af te sluit, ‘n groot verskeidenheid diere te besigtig en vrae te vra.
Daarna het hulle lekker piekniek tussen die diere gehou.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Kleuters lê weg aan happies tydens die piekniek.
Wian van der Merwe, Heike Beeslaar, Lwazi Twabu en Joshua Smith kry kans om aan ‘n luislang te vat.
Lizandré Pienaar, Stefani Harmse, Joy Zanna en Janel van der Merwe by ‘n slanghok.

Related Articles

Back to top button