Mnr en Mej Heuwelkruin-finaliste skenk hondekos aan dierevereniging

‘n Groot hoeveelheid hondekos is Vrydag met groot dankbaarheid deur die Dierebeskermingsvereniging (DBV) van Curro Heuwelkruin se Mnr en Mej Heuwelkruin-finaliste ontvang. Die finaliste, Zené de Waal, Tyron Serradi­nho, Anjé Dorfling en Hendri Louw het ‘n projek onder die graad 1 tot 3-leerders geïnisieer om die kos in te samel om die nood onder diere …

‘n Groot hoeveelheid hondekos is Vrydag met groot dankbaarheid deur die Dierebeskermingsvereniging (DBV) van Curro Heuwelkruin se Mnr en Mej Heuwelkruin-finaliste ontvang.
Die finaliste, Zené de Waal, Tyron Serradi­nho, Anjé Dorfling en Hendri Louw het ‘n projek onder die graad 1 tot 3-leerders geïnisieer om die kos in te samel om die nood onder diere te verlig.
“Ons het ‘n inkleurkompetisie gehou waarvoor leerders wat ‘n sak hondekos skool toe gebring het, kon inskryf. Die drie mooiste prente in elke graad is gekies en die wenners het elk ‘n koopbewys van Mall of the North gewen,” sê Anjé.
Die pryse sowel as die hondekos is Vrydag oorhandig. DBV-bestuurder, Selma Landman, het die finaliste vir hul inisiatief bedank en gesê hulle het ‘n groot kostekort omdat hulle byna daagliks honde vir versorging inneem.
Die kroning van Mnr en Mej Heuwelkruin vind op 13 September plaas.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Mnr en Mej Heuwel­kruin-finaliste, Tyron Serradinho, Anjé Dorfling, Zené de Waal en Hendri Louw saam met die wenners van die inkleurkom­petisie.
Exit mobile version