NewsSchools

PHS junior debatspan 3de beste in SA

Die junior-debatspan van Hoërskool Pietersburg het op Saterdag 18 Augustus bewys dat hulle nie net groot kan praat nie, maar dat hulle gereken kan word as van die beste in Suid-Afrika.

POLOKWANE – Dié drie leerders is Leana Swarts, Sarisa van der Goot en Annadee Oerlemans. Hulle het tydens die nasionale debat-prysuitdeling hul brons toekenning ontvang. Die span is dus die derde beste debatspan in die land, naas Afrikaans Hoërskool. Die span het nie teruggestaan vir hul teenstanders nie en kon derde uit 14 deelnemende spanne deurdring na die finaal. Magda Tiart die span se afrigter het haar trots uitgespreek oor die prestasie van die leerders.

Annadee neem reeds aan debat deel van gr. 1 af en vertel dat sy dit vreeslik geniet, maar voeg vinnig by dat jy nie moet skaam wees nie. “Ek voel baie trots op my span en dit is lekker om te weet dat na al die harde werk jy nou die vrugte daarvan kan pluk,” vertel sy.

Leana vertel dat sy laasjaar eers begin het met debat en dit geniet, veral as jy saam met ‘n lekker span deelneem. “Ek is so lief vir die twee en ons maak ‘n baie goeie span, dis hoekom ons so goed gedoen het,” vertel sy.

Sarisa vertel dat sy reeds van gr. 1 af aan redenaars deelneem, maar eers laasjaar debat aangepak het. “Ek praat altyd in die klas ook baie en ek geniet dit om met mense te debateer. Ek dink ons doen dit so goed want ons weet ons argumente is reg,” vertel sy.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button