Bekende veearts sterf in vliegongeluk

Freek Snyman, wat van 2012 tot 2016 as veearts by Pietersburg Dierekliniek werksaam was, is Woensdag noodlottig in ‘n helikopterongeluk op ‘n plaas buite Port Elizabeth beseer. Volgens sy suster, Christene van Heerden, was Snyman (33) besig om wild vanuit die helikopter met ‘n pylgeweer te verdoof, toe die helikopter ‘n kraglyn getref het. Die …

Freek Snyman, wat van 2012 tot 2016 as veearts by Pietersburg Dierekliniek werksaam was, is Woensdag noodlottig in ‘n helikopterongeluk op ‘n plaas buite Port Elizabeth beseer.
Volgens sy suster, Christene van Heerden, was Snyman (33) besig om wild vanuit die helikopter met ‘n pylgeweer te verdoof, toe die helikopter ‘n kraglyn getref het. Die vlieënier veg volgens haar om sy lewe in ‘n hospitaal in Port Elizabeth.
Snyman was met Stacey-Lynn getroud en die egpaar het nie kinders gehad nie. Hy het gedurende 2003 aan Hoërskool Noorderland gematrikuleer en was die eerste student met disleksie wat as veearts aan die Universiteit van Pretoria gekwalifiseer het.
‘n Roudiens word Maandag in Port Elizabeth gehou en ‘n soortgelyke plegtigheid sal waarskynlik ook in Polokwane plaasvind.
Van Heerden kan by 082 925 2546 geskakel word vir verdere navrae.

BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Exit mobile version