Kyk wie kleur die mooiste in vir Hoop vir Kinders

Hoop vir Kinders is ‘n organisasie sonder winsbejag wat pleegsorg vir kinders aanbied.

POLOKWANE – Elke kind verdien om in ‘n liefdevolle ouerhuis groot te word waar hulle gekoester en versorg word.

Dit gebeur ongelukkig nie altyd so nie en dikwels moet kinders uit hul ouerhuise verwyder word.

Hoop vir Kinders is ‘n organisasie sonder winsbejag wat pleegsorg vir kinders aanbied.

Kinders wat nie langer by hul ouer-huise kan woon nie, word by Hoop vir Kinders ingeneem waar hulle dan in ‘n gewone huisgesin grootword.

Daar is vier pleeghuise wat na getraumatiseerde kinders omsien en vir hulle ‘n veilige tuiste skep waarin hulle kan herstel en ‘n normale gesinslewe kan ervaar.

Die organisasie is afhanklik van donasies vanaf die gemeenskap om die projek moontlik te maak.

Om self ook ‘n inkomste te genereer, het hulle besluit om ‘n kunskompetisie te hou en sodoende geld vir de organisasie in te samel.

Reeds vroeg in Maart het hulle die kompetisie geloots en almal in Limpopo genooi om deel te neem.

Cindy Kruger, organiseerder van die kompetisie, vertel dat die kompetisie die eerste een was van wat hulle hoop ‘n jaarlikse instelling word.

“Ons wil eintlik bewusmaking skep en ons gaan ook die geld gebruik om die kinders in ons sorg te onderhou. Ons beoog om dit volgende jaar baie groter te maak.”

Die huisouers het gehelp om vetkoek te bak en ook die kompetisie te adverteer.

“Baie dankie aan Bertie en Ruan Kruger wat die geleentheid vir ons moontlik kon maak. Hulle het ons geweldig ondersteun met die opstel van die uitstalling asook met die verkope.”

Cindy vertel daar was 32 inskrywings. Die derdeplekwenner het ‘n pallet gewen, tweedeplekwenner ‘n klein esel en wenner ‘n groot esel.

“Die tema was ‘I have a dream’ en plaaslike het leerders van Eagle’s Nest Christian School, Northview Christian School en Kinders van Hoop vir Kinders deelgeneem.”

Die wenners is op 7 Augustus by Eagle’s Nest Christian School aangewys.

Tsiamo Mohlake wen die kompetisie, met Marlene Harmse in die tweede plek en Puleng Ramorapeli derde.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version