Local NewsNews

‘Stroomop’ saam met die sterre

Die lewe is nie altyd maklik nie en soms voer die lewenstroom jou stoomop in plaas van stroomaf. Tog, met 'n paar goeie vriendinne aan jou sy, kan enige vrou dit deur dié rivier se kronkel- en draaikolke maak.

POLOKWANE – Film regisseurs, DonnaLee Roberts en Ivan Botha, se nuwe fliek, Stroomop, begin vandag (Donderdag) in teaters draai. Die fliek gaan oor vyf vriendinne wat almal besig is om stroomop te swem in hulle afsonderlike lewens.

Jacaranda FM en SA Forest Adventures het ‘n kompetisie geloots waar vyf vriendinne ‘n lewensveranderende avontuur kon wen. Al wat die vriendinne moes doen, was om ‘n stemboodskap van ‘n minuut lank via WhatsApp te stuur waarin hulle vertel van hul grootste avontuur tot so ver.

In Maart vanjaar het Debbie Mouton, Joyce van Niekerk, Gaynor Marais, Rachel Sonntag en Melanie de Bruyn op hulle Harley motorfietse geklim en die ‘9 Province Trip’ aangepak. Tydens hierdie geleentheid het hulle vyf, saam met nog ander motorfietsryers, deur die land gery in 12 dae, altesaam 5 800 km ver.

Hierdie avontuur het gesorg dat hulle as wenners van die Jacaranda FM kompetisie aan gewys is.
“Toe ek hoor hulle speel ons stemboodskap op die radio, was ek so opgewonde soos ‘n stout kind. Ek was in my motor en het eers van die pad af getrek,” vertel Debbie.
Sy vertel dat DonnaLee gesê het: “Ek hoop dié vroue wen,’ toe sy die boodskap hoor. Hulle was saam met DonnaLee en Ivan in die studio tydens Rian van Heerden se The Scenic Drive toe die wenners aangekondig is en, vertel Debbie, DonnaLee wat amper meer opgewonde as hulle.
“Ivan het genoem dat hy graag ons ‘9 Provinces Trip’ as tema vir ‘n fliek sal wil gebruik.”
Die vriendinne het ‘n tenvolle betaalde vierdaagse reis, insluitende ‘n padrit (roadtrip), ‘n begeleide vlotvaart op die Oranjerivier (net soos die vroue in Stroomop) en verblyf by Raap & Skraap Gastehuis ter waarde van R50 000 gewen.
“Ons gaan in Maart volgende jaar op dié wonderlike reis gaan,” vertel Debbie.
Joyce vertel sy kan nie wag om die sterrehemel te sien nie en Gaynor het genoem dat sy graag op die Oranjerivier se oewer onder die sterre wil slaap.
“Ek kan nie wag om nog ‘n wonderlike deel van ons land saam met ‘n wonderlike groep vroue te ontdek nie.”
maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button