NewsSchools

‘Wilde diere’ neem oor by Osieteddies

Vrydagoggend het die kinders van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum blinkoog by dié skool opgedaag wat bykans soos Noag se Ark gelyk het.

POLOKWANE – Die kinders het opgetof soos wilde diere skooltoe gegaan en skielik was daar talle olifante, kameelperde, leeus en selfs tiere wat op hul agterpote (of is dit nou voete?), by die skool se hekke ingeloop het.
Volgens die Skoolhoof, Linda Kruger, het die skool onlangs die tema van wilde diere met die kinders behandel wat gretig als wat hulle kon oor dié tema geleer het.
“Die kleuters kon soos enige dier aantrek en hier was vandag ‘n klomp oulike wilde diere.”
Linda meen fantasiespel is ‘n belangrike deel van ‘n kleuter se ontwikkeling en deur kinders die geleentheid te bied om soos iets anders aan te trek ontwikkel hulle verbeelding speel-speel. Met die wat hulle soos wilde diere skooltoe aangetrek het, het die kinders ook gereeld geluide soos wilde diere gemaak en hulself behoorlik by die tema ingeleef.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button