Local NewsNews

Polisielid skiet man, gemeenskap in opstand

Midde in openbare geweld wat land­wyd ‘n gereelde verskynsel is ruk gemeenskappe op Limpopobodem byna daagliks op met protesoptrede en word infrastruktuur geplunder en winkels besteel. Na afloop die onlangse onluste in Westenburg, op die stad se voorstoep, het gewelddadige optogte Saterdag en Maandag in Malamulele en Senwabarwana opgevlam wat tot die beskadiging van eiendom …

Midde in openbare geweld wat land­wyd ‘n gereelde verskynsel is ruk gemeenskappe op Limpopobodem byna daagliks op met protesoptrede en word infrastruktuur geplunder en winkels besteel.
Na afloop die onlangse onluste in Westenburg, op die stad se voorstoep, het gewelddadige optogte Saterdag en Maandag in Malamulele en Senwabarwana opgevlam wat tot die beskadiging van eiendom en ‘n aanval op die polisie gelei het.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê ses verdagtes is Maandag na gewelddadige betogings in die Malebogo-omgewing in Senwabarwana gearresteer. Gemeenskappe is blykbaar ongelukkig oor paaie wat nie in die omgewing geteer word nie en het onder meer die pad na Helena Franz Hospitaal met rommel en brandende bande versper. Die polisie was vinnig op die toneel om die betogers te verdryf, maar hulle het later weer byeengekom en voertuie met klippe bestook en hul strooptog voortgesit.

Een van ses polisievoertuie wat beskadig is.

Ses verdagtes is op aanklagte van aanhitsing tot openbare geweld, diefstal, saakbeskadiging en openbare geweld aangekeer en ‘n verskeidenheid gesteelde goedere is terugge­vind. Ngoepe kon nie bevestig wanneer hulle in die hof sal verskyn nie.
Saterdag het die Mphambo-gemeenskap buite Malamulele opgeruk nadat ‘n polisielid ‘n man tydens ‘n persoonlike aangeleentheid doodge­skiet het. Dennis Hlungwani (37) is glo verskeie kere deur die polisielid geskiet. Die lid, verbonde aan die openbare geweldeenheid, het volgens Ngoepe na die voorval weggehardloop.
Gemeenskapslede het glo polisielede op die toneel aangeval, ‘n polisiekaptein ernstig beseer en ses voertuie beskadig. Die polisie ondersoek ‘n saak van saakbeskadi­ging sowel as moord. Die polisielid is intussen in hegtenis geneem. Ngoepe sê die motief agter die moord word deeglik ondersoek.

Storie & foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button