NewsSchools

Tommie-helde bloei

Leerders van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het op Woensdag, 1 Augustus gewys dat hulle meer kan wees as net normale mense.

POLOKWANE – Hulle was helde en het, deur bloed te skenk, mense se lewens gered.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens het ‘n bloedskenkkliniek by die skool gehad en leerders kon enige tyd gaan bloedskenk, solank dit nie met hul klasse inmeng nie.

Die mikpunt was 87 eenhede en hulle het 60 eenhede geskenk.

“Ons is dankbaar vir elke leerder en personeellid wat kom skenk het. Ons moes ongelukkig 12 skenkers wegwys as gevolg van mediese redes, maar elke bietjie help,” sê Ipeleng Thetela, SANBD, Skakelbeampte.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button