Aretha Tehuis verskuif

Inwoners van Aretha Tehuis het vir jare lank in die huis in Burgerstraat gewoon, maar ongeveer 'n jaar gelede moes hulle verhuis na 'n nuwe tuiste.

POLOKWANE – Nou woon hulle in ‘n heerlike groot huis in Phoboslaan 6, met ‘n groot tuin waarin hulle heerlik kan kuier en ontspan.

Anien Mallam, een van die komiteelede, vertel dat hulle baie gelukkig was om die huis te kon huur.

Lees ook: ‘n Lig aan die einde van die tonnel

“Ons het tans plek vir nog drie vroue en een man. Ons benodig gereeld donasies en hulp van die gemeenskap aangesien die staat ons glad nie help nie. Ons is ook geregistreer as ‘n organisasie sonder winsbejag.”

Die huismoeder, Ronell Pretorius en haar man bly by die inwoners en sorg vir hulle.

Ons sukkel elke maand om uit te kom met veral toiletware, toiletpapier en aartappels. Ons waardeer skenkings vreeslik baie.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version