Club 21 leer sentrum vir downsindroom kinders open sy deure

Club 21, ‘n Leersentrum vir kinders met Down sindroom (DS), 'n enigste in sy soort, open nog 'n skool se deure in Mokopane.

MOKOPANE – Club 21 is in 2012 in Pretoria gestig, deur Izelle Els, ma van ‘n seun met DS. Els sê: ‘Ek het geweet my seun en ander kinders met DS kan vordering toon in ‘n omgewing wat gefokus is op hul spesifieke behoeftes en potensiaal’.

Club 21 is ‘n Christus-gesentreerde, nie-winsgewende Leersentrum wat ‘n alternatiewe onderwysoplossing vir kinders met DS bied. Die hele Club 21 span is baie opgewonde oor Club 21 Mokopane. Die skool bied ‘n gevestigde en geïntegreerde kurrikulum vir kinders met DS saam met gereelde terapieë en klein klasse met opgeleide personeel. Die skool bied ook ander geleenthede vir groei en ontwikkeling soos musiekklasse, opvoedkundige uitstappies en blootstelling aan sportaktiwiteite.”

Els sê sy is dankbaar om te sien hoe die gemeenskap en ouers die skool ondersteun. Sy weet die Here se seën rus op die skool.

Jesus sê: ‘Laat die kindertjies na My toe kom’. Alle kinders. Ook kinders met spesiale behoeftes en verseker die kinders van Club 21 Mokopane.

Die Here sê dat niks kan ons skei van Sy liefde nie. Niks kan Club 21 skei van Sy liefde en guns nie.

Charlotte Steele, wat leiding neem as onderwyseres en aan die hoof staan van dag tot dag bestuur van Club 21 Mokopane het die verrigtinge afgesluit met bedankings en sang van die leerders.

Leerders van Club 21 Charlie Booysen, Jeandre Roos, Erwald Schoeman, Lehutjo Seoloane en Zandrie Botha saam Charlotte Steele, (Club 21 Skoolhoof). Foto’s: Mariëtte Roos

club21school

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version