Tommies maak trots op ringbalbaan

Twee leerders van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het gedurende die Julie-skoolvakansie aan die Suid-Afrikaanse Ringbaltoernooi in Pretoria gaan deelneem.

POLOKWANE -Ané van Dyk en Christine Retief vertel dat hulle al jare lank ringbal speel en dié sportsoort baie geniet.

“Ek was gedurende my laerskooljare aan ringbal blootgestel en speel die sportsoort nou al vir ses jaar,” vertel Ané. “Ek het aanvanklik gedink dit is makliker as netbal maar alhowel die sportsoorte baie eenders is, is daar wel duidelike verskille en het elk sy uitdagings. Met ringbal mag jy byvoorbeeld net aan die een kant van die baan speel en nie aan die ander kant nie.”

Christine Retief in aksie.

Ané vertel dat sy tydens die laaste toernooi vir die SA-Uitnodigingspan gekies is, maar dat dit nie die eerste keer is dat sy dié eer het nie.

“Ek was baie verbaas toe ek hoor ek is gekies. Ek het al vantevore Limpopo- en SA-kleure verwerf. Ringbal is glad nie ‘n maklike sportsoort nie en wat dit lekker maak is dat dit baie uitdagend is. Ek hou daarvan om uitgedaag te word.”

Christine Retief in aksie.

Christine vertel dat sy al vyf jaar ringbal speel. “My ma het gespeel en sy het my aan die sportsoort bekend gestel. Ek speel ook netbal en het besluit om vanjaar meer daarop te fokus, dus het ek nie span gekry tydens die afgelope toernooi nie.”

Sy vertel dat die lekkerste van ringbal is om te doel en om saam met ‘n lekker span te werk. “Om ‘n lekker afrigter te hê is ook belangrik. Dit is aaklig om met jou spanmaats te baklei op die baan.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version