NewsSchools

Pieter Koen, Willem Botha in stad ten bate van skool

Afrikaanse musiekliefhebbers is in vir ‘n genotvolle aand met twee van die land se gesogste Afrikaanse kunstenaars, Pieter Koen en Willem Botha, wat 15 Augustus tydens die Jukebox kykNET Skoletoer in die stad gaan kuier. “Die funksie word ten bate van die skool gehou en die geld sal gebruik word soos die behoefte ontstaan. Ondersteun …

Afrikaanse musiekliefhebbers is in vir ‘n genotvolle aand met twee van die land se gesogste Afrikaanse kunstenaars, Pieter Koen en Willem Botha, wat 15 Augustus tydens die Jukebox kykNET Skoletoer in die stad gaan kuier.
“Die funksie word ten bate van die skool gehou en die geld sal gebruik word soos die behoefte ontstaan. Ondersteun die skool en die twee bekende kunstenaars en geniet ‘n aand se lekker saamsing en -kuier met Afrikaanse musiek en stories,” sê Jacques Bartlett, Pietersburg Laerskool se operasionele hoof.
Die funksie vind by Bolivia Estate plaas en begin om 19:00.
Kaartjies kos R100 per persoon in die algemene rye terwyl tafels met tien persone teen R1 500 beskikbaar is.
Skakel Debbie Hartlief by 082 448 2599 vir meer inligting.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

Related Articles

Back to top button