Local NewsNews

Grafiese kunstenaar kry nasionale erkenning

Jaco Terblanché, kreatiewe direkteur van Brand Evolutionz in die stad, is een van 67 kunstenaars landwyd en die enigste een uit Limpopo wat gekies is om aan 67 opkomende maatskappye ‘n handelsidentiteit te gee deur middel van onder meer ‘n logo-ontwerp. Die breinkind van die kreatiewe idee om Mandela se nalatenskap só te eer, is …

Jaco Terblanché, kreatiewe direkteur van Brand Evolutionz in die stad, is een van 67 kunstenaars landwyd en die enigste een uit Limpopo wat gekies is om aan 67 opkomende maatskappye ‘n handelsidentiteit te gee deur middel van onder meer ‘n logo-ontwerp.
Die breinkind van die kreatiewe idee om Mandela se nalatenskap só te eer, is ‘n bemarkingsagentskap in Kaapstad, Colourworks, wat grafiese ontwerpers uitgenooi het om hul portefeuljes vir keuring vir die 67 Logo Designation Iniative in te stuur waaruit 67 kunstenaars gekies is.

Batho Pele Youth Lifestyle Centres se nuwe logo wat deur Jaco Terblanché ontwerp is.

“Aan elke gekose kunstenaar is een van die 67 maatskappye toegeken waarvoor jy ‘n logo en mini-visuele korporatiewe identiteit moes ontwerp om hulle te help om die vrugte vir nog jare vir hul maatskappy te pluk deur die krag van ontwerp te gebruik om die toekoms van hul besighede te verander en hul op ‘n professionele pad te help plaas.
Elkeen van ons 67 kunstenaars het ons tyd en kreatiwiteit as ‘n Mandela-gebaar beskikbaar gestel,” sê Terblanché wat sedert driejarige ouderdom speel met lyne, vorms en kleur.
Terblanche is gekies om Batho Pele Youth Lifestyle Centres wat in Gauteng gebaseer is se ontwerp te doen.
“Ek het nasionaal blootstelling op onder meer SABC2 gekry en ek het dit geniet om deel van so groot projek op nasionale vlak te wees,” sê hy.
Terblanché het aan die destydse Pretoria Technikon ‘n driejarige diplomakursus in Beeldende Kuns voltooi en in 2009 sy maatskappy gestig wat spesialiseer in visuele bemarking van besighede en het ‘n wye nasionale kliëntebasis wat oorsese kliënte insluit.
Hy is ook die enigste grafiese ontwerper in die provinsie wat met professionele lidmaatskap by Design Education Forum of Southern Africa (DEFSA) gerigistreer is.

Storie & foto: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button