BusinessNews

Eertydse shelterinwoner se nuwe toekoms met werkswinkel

Daar is altyd hoop vir enigeen wat bereid is om hard te werk en soms het mens net daardie hupstootjie van iemand wat in jou glo nodig om jou op die regte pad te plaas. Só glo Ernst Massyn, wat onlangs sy eie werkswinkel in die stad geopen het nadat hy ‘n draaipunt in sy …

Daar is altyd hoop vir enigeen wat bereid is om hard te werk en soms het mens net daardie hupstootjie van iemand wat in jou glo nodig om jou op die regte pad te plaas.
Só glo Ernst Massyn, wat onlangs sy eie werkswinkel in die stad geopen het nadat hy ‘n draaipunt in sy lewe bereik het danksy die ondersteuning en aanmoediging van personeel van Tuiskoms Shelter, waar hy woonagtig was.
Benewens algemene staal- en houtwerk, doen Massyn werk aan enige fabrikaat voertuig en herstel ook sleepwaens by sy werkswinkel in Nelson Mandelarylaan. “Ek het die nodige toerusting om foute elektronies op te spoor en voertuie te diens. Ek kan ook voertuie insleep en sal binnekort ook nommerplate kan maak,” sê Massyn. Hy het reeds drie handlangers wat hy self opgelei het en beplan om die besigheid uit te brei en werkloses te akkommodeer. “Ek moet ook daaraan dink om werksmoontlikhede vir my kinders te skep want werk is deesdae skaars.”
Massyn vertel dat hy ‘n alkoholafhanklike was wat na behandeling ‘n heenkome by Tuiskoms Shelter gevind het. “Oom Charles van Wyk, sheltervoorsitter, het my onder sy vlerk geneem en ek het geleidelik begin om instandhoudingswerk by die shelter te doen omdat hy my potensiaal raakgesien en my deurentyd gemotiveer het. Ek en my nuwe vennoot, Matthews Mathiba, beplan saam vir die toekoms.”
Massyn het intussen sy bande met sy kinders verstewig en sien weer uit na die lewe alhoewel hy en sy vrou weens drankmisbruik geskei is.
“Ruk jou reg en werk hard,” is sy boodskap aan ander in soortgelyke posisies.
Van Wyk sê Massyn is een van vele voormalige inwoners van die shelter wat mettertyd aan geleenthede blootgestel is en hul lewens kon voortsit.
“Almal wat vaardighede het, word by die werksaamhede van die shelter betrek totdat hulle ‘n werk kry. Die mense bou, sweis, doen houtwerk en algemene instandhouding. Ons groentetonnel voorsien baie van die kos wat in die kombuis voorberei word.”
‘n Werkkamer word tans by die shelter ingerig waar breiwerk gedoen kan word. “Ons benodig ‘n sweismasjien, afsnymasjiene en ander handwerkgereedskap en sal skenkings van die gemeenskap en besighede opreg waardeer,” sê Van Wyk.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Charles van Wyk by Deon Joubert, Derrick Mackay en Byron Wessels wat hulle met allerlei take by Tuiskoms Shelter besig hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button