Champ of Champs – PHS berei voor vir Noordvaal

Hoërskool Pietersburg (PHS) se hokkiemeisies het Saterdag tydens die Champs of Champions-hokkietoernooi gewys dat hulle steeds die beste is en dat daar rekenskap met hulle gehou moet word. Die o.14A-, o.15A-, o.16A- en eerstespan het onderskeidelik teen Hoërskool Merensky, Hoërskool Piet Potgieter, Hoërskool Ben Vorster en Hoërskool Ben Viljoen gespeel. Die o.14A- en eerstespan het …

Hoërskool Pietersburg (PHS) se hokkiemeisies het Saterdag tydens die Champs of Champions-hokkietoernooi gewys dat hulle steeds die beste is en dat daar rekenskap met hulle gehou moet word.
Die o.14A-, o.15A-, o.16A- en eerstespan het onderskeidelik teen Hoërskool Merensky, Hoërskool Piet Potgieter, Hoërskool Ben Vorster en Hoërskool Ben Viljoen gespeel. Die o.14A- en eerstespan het beide 2 elk gelykop gespeel terwyl die o.15A-span 4-1 en o.16A-span 2-0 geseëvier het.
Organiseerder, Ina van der Merwe sê die wedstryde is ter voorbereiding van die komende Noordvaal Toernooi gespeel. “Spelers is geroes na die lang skoolvakansie en die laaste ernstige wedstryde is tydens die Tuksreeks gespeel. Die Champs of Champions was die ideale geleentheid vir spelers om weer in pas met die spel te kom en voor te berei vir die Noordvaal Toernooi,” sê sy.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

PHS-eerstespanspeler, Annelize Henning spook om eerste by die bal te kom.
Die o.15A-speler, Andrea Maritz en ‘n speler van Piet Potgieter meet kragte.
Eerstespanspeler, Bernice Wagner speel die bal doelkas toe.
Exit mobile version