Local NewsNews

Adel Cato sterk aan, familie vra steeds vir gebede

Die twintigjarige Adel Cato wat verlede Maandagaand naby die Universiteit van Pretoria (Tuks) deur ‘n voertuig raakgery is, is steeds in die Mediclinic Muelmed se intensiewe sorgeenheid. Haar pa, Frank het Dinsdag gesê Adel is nie meer onder sedasie nie, maar nog nie heeltemal wakker nie. “Daar is baie beweging, maar sy is steeds in …

Die twintigjarige Adel Cato wat verlede Maandagaand naby die Universiteit van Pretoria (Tuks) deur ‘n voertuig raakgery is, is steeds in die Mediclinic Muelmed se intensiewe sorgeenheid.
Haar pa, Frank het Dinsdag gesê Adel is nie meer onder sedasie nie, maar nog nie heeltemal wakker nie. “Daar is baie beweging, maar sy is steeds in ‘n semikoma. Sy is baie sterk, maar dit gaan nog rof hier en ons vra steeds die gemeenskap se gebede.”
Hy sê medici is tevrede met haar vordering en die swelling op haar brein het reeds gesak, maar daar is nog bloeding op haar brein. ‘n Monitor wat verlede Dinsdag in haar brein geplaas is, is reeds verwyder. Hy sê dokters wil nie nou al bespiegel of sy permanente breinskade opgedoen het nie.
Dié oudleerder en gesoute netbalspeler van Hoërskool Pietersburg (PHS) is ‘n tweedejaarstudent in bedryfsielkunde aan Tuks en was saam met vriende toe die ongeluk gebeur het.
Hulle het gestap toe sy om een of ander rede voor ‘n voertuig beland het en erge breinbloeding opgedoen het.
Cato wat in 2016 aan Hoërskool Pietersburg gematrikuleer het, het in graad 11 en 12 vir PHS se eerstenetbalspan uitgedraf en is deel van Gauteng-Noord en Tuks se netbalspan.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button