Local NewsNews

Geliefde Gerhard Lötter sal gemis word

Gerhard Lötter was 'n werknemer van Vleislapa Welgelegen en altyd vriendelik was.

POLOKWANE – Vir die familie en vriende van Gerhard sal niks meer dieselfde wees na hy op Donderdag, 5 Julie begrawe is nie.

Hy het ten spyte van van diabetes en dae van baie pyn in een van sy voete as gevolg van die siekte, steeds geglimlag en altyd sy medemens eerste gestel.

Gerhard is oorlede na komplikasies van ‘n operasie op Vrydag, 29 Junie.

Mense wat hom geken het beskryf hom as ‘n harde werker wat nie omgegee het om laat of selfs deur die nag te werk nie. Hy het ondanks die baie pyn in sy voet steeds aanhou doen wat hy belowe het want beloftes hou was vir hom belangrik.

Sy kollegas by Vleislapa Welgelegen, waar hy vir agt jaar gewerk het, gaan hom bitterlik mis.

“Hy was die soort mens wat jy een keer iets gevra het, nooit moes verduidelik het wat om te doen nie en hy was altyd gewillig. Jy kon hom enige iets vra en as jy weer sien is dit gedoen. Sy plek is baie leeg by ons en die werknemers asook die kliënte gaan hom baie mis,” vertel eienaar van Vleislapa Welgelegen, Jacques van Tonder.

Vriende vertel Gerhard se hande het vir niks verkeerd gestaan nie en hy het graag gehelp, maak nie saak wat die taak was nie.

Hy het sy meisie, Annabel Roberts, altyd bederf met koffie in die bed. Haar belange soos om nie laat te wees vir werk nie, was vir hom belangrik.

“Jy het altyd jou alles gegee en jy het my net amaze met dat jy altyd ons voor jou gestel het en gedink aan al die klein dingetjies wat saakgemaak het. Selfs die een oggend wat my bakkie nie wou aansluit die silly immobiliser nie, het jy dit op ‘n manier gekry om te werk, en daardie aand het jy gesorg dat dit ‘n nuwe battery gekry het. Jy het altyd mooi omgesien na my en Cally. Gesorg, al is jy siek, dat ons moet eet en altyd lekker gekook. My hart is seer want ek wens ek kon meer doen of meer daar wees,” vertel sy.

Sy voeg by hy was altyd die een met die plan, maak nie saak wat die probleem is nie.

“Jy was vir mense om jou nie net ‘n buurman nie, jy was ons familie wat almal aangetrek het en verbind het. Jy het nooit iets terug verwag nie en het altyd alles self probeer doen.”

Annabel vertel dat Gerhard altyd in haar hart sal bly en dat daar nie ‘n dag verby sal gaan wat sy en ander mense wat hom geken het, hom nie gaan mis nie.

“As ek kon laaste keer kans kry sou ek vir jou ‘n koppie tee of koffie maak en vir jou sê ons is baie lief vir jou en ‘n laaste circus game speel. Jou ‘n laaste keer kans gee om die bakkie te ry. Jy het ons die mooiste ooit hanteer en al was dit ‘n kort tydjie, het die Here my geseën met die beste en vir ‘n tydjie jou gegun met die familie wat jy altyd wou gehad het. Al gaan die lewe aan is daar nie iemand soos jy nie. Ek gaan jou baie mis lief, ek doen alreeds. Pleinstraat sal nooit weer dieselfde wees nie, jy het altyd gekyk selfs dat die honde ook bederf word en dit, my skat, is hoekom ons jou sal mis,” vertel Annabel.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button