Oud-pietie steeds in intensief na kar haar raakry

Adel Cato (20), ‘n oud-leerder van Hoërskool Pietersburg (PHS) sterk tans aan in die intensiewesorgeenheid nadat sy Maandagaand deur ‘n motor raakgery is.

POLOKWANE – Dié kranige netbalspeler, wat in gr. 11 en 12 vir PHS se eerstenetbalspan uitgedraf het en nou vir die Gauteng-noord en Tuks-netbalspan speel, is in die Mediclinic Muelmed in Pretoria opgeneem.

Cato het in 2016 aan PHS matrikuleer en die tweedejaar-student aan die Universiteit van Pretoria het saam met vriende naby die universiteit gekuier toe die ongeluk gebeur het.

Sy het erge bloeding op die brein gehad na die ongeluk en dokters het ‘n monitor in haar brein geplaas om die swelling oor drie dae te meet.

Volgens ‘n besoeker was daar ‘n terugslag maar nadat die dokter 13:00 Donderdagmiddag haar beserings nagegaan het, het hy gesê hulle is tevrede met haar vordering. Daar word ook gekyk om te begin om die verdowing waaronder sy gesit is stadig te verminder.

PHS Skakelbeampte, Elmari Craig, sê Cato is in almal se gebede en sy het self gister by haar gaan inloer.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version