Local NewsNewsUpdate

Mighty Men ‘wonderwerk-vrou’ sterk steeds aan

Nicole Bradbury se storie is verlede maand gepubliseer, nadat lekeprediker Angus Buchan in die hospitaal vir haar beterskap gebid het.

POLOKWANE – Die winter is koud en waar ‘n mens kan, trek jy warmer aan en maak verskillende planne om warm te word. Een jong vrou vir wie die winter baie erg is – erger as gewoonlik – is Nicole Bradbury.

Nicole se storie is verlede maand gepubliseer, nadat lekeprediker Angus Buchan in die hospitaal vir haar beterskap gebid het.

Sy was teen daardie tyd reeds vir twee dae in ‘n koma en het voeding binneaars ontvang, toe Buchan ‘n vriend in die hospitaal besoek het.

https://www.citizen.co.za/review-online/263961/angus-buchan-it-was-a-miracle/

Nicole se familie het hom gevra om vir haar te bid en, terwyl hy vir haar bid, het sy aansienlik beter geword.

Nicole se gesondheidsprobleme het reeds op 16-jarige ouderdom begin. Dit het ingesluit ‘n niersteenoperasie, verwydering van haar galblaas en ‘n abses op ‘n nier en eierstokke, en later ‘n blokkasie in haar kolon.

Op 18 is haar milt en blindederm verwyder.

Lees meer: Mighty Men-wonderwerk red jong vrou

Haar pakreas is verlede jaar verwyder en sy het diabetes ontwikkel. Teen April het haar niere en lewer reeds begin ingee, sy het vog op haar longe gehad, asook septisemie en sewe verskillende virusse.

Vandag loop sy rond asof sy nog nooit siek was nie en lewe ‘n redelike normale lewe.

“Dit gaan goed met my en alles is nog dieselfde as met die vorige onderhoud. My immuunstelsel is swak, maar ek drink vitamiene.

“Ek kry egter makliker verkoue en ek sukkel om gewig op te tel.”

Nicole vertel dat haar suikervlakke normaal is en dat sy nie meer medikasie neem nie.

“Ek gaan nader aan die einde van die maand na ‘n spesialis wat my gaan help om die regte dieet te volg sodat ek gewig kan optel. Met die wat ek sekere organe nie meer het nie, is dit moeiliker.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button