Verdagtes met gemeenskap se hulp in Mankweng aangekeer

Inligting van die gemeenskap en die polisie se flink optrede het meegehelp dat drie verdagtes Maandag buite Mankweng in hegtenis geneem is nadat hulle glo met ‘n gekaapte voertuig onderweg was om besighede buite Mankweng te beroof. Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê die drie sou na verwagting vroeër die week in die Mankweng landdroshof op …

Inligting van die gemeenskap en die polisie se flink optrede het meegehelp dat drie verdagtes Maandag buite Mankweng in hegtenis geneem is nadat hulle glo met ‘n gekaapte voertuig onderweg was om besighede buite Mankweng te beroof.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê die drie sou na verwagting vroeër die week in die Mankweng landdroshof op aanklagte van die besit van gesteelde goedere en ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie en later ook in die Tzaneen landdroshof op aanklag van motordiefstal verskyn.
Ngoepe sê die polisie se misdaadintelligensie-, misdaadvoorkoming- en opsporingseenheid het blitsvinnig op inligting gereageer en ‘n operasie begin om die boosdoeners aan te keer wat glo op pad na Mentz en Ga-Shiloane buite Mankweng was om besighede te roof.
Hulle het buite Tzaneen besef die polisie is op hul hakke en vet gegee, maar is etlike kilometer buite die dorp gearresteer.
Die gesteelde voertuig, twee ongelisensieerde vuurwapens met magasyne en ammunisie en twee selfone is tydens die arrestasie gekonfiskeer.
Ngoepe sê die verdagtes kan moontlik met ander rooftogte en soortgelyke misdade in Mankweng en Tzaneen verbind word.
Provinsiale polisiekommissaris, Nneke Ledwaba het die arrestasie verwelkom en die beamptes vir hul goeie werk geloof.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version