Local NewsNews

Twee vas na plaasaanval op Van Niekerk-egpaar

Die polisie het bevestig dat twee verdagtes, waarvan een waarskynlik ‘n voormalige werknemer is, in verband met die aanval op Lesley en Hercu van Niekerk, twee veeartse van die Modimolle-omgewing Maandagaand in hegtenis geneem is. Skoenspore wat met die voetspore op die plaas ooreenstem is blykbaar gevind. Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê die twee is …

Die polisie het bevestig dat twee verdagtes, waarvan een waarskynlik ‘n voormalige werknemer is, in verband met die aanval op Lesley en Hercu van Niekerk, twee veeartse van die Modimolle-omgewing Maandagaand in hegtenis geneem is.
Skoenspore wat met die voetspore op die plaas ooreenstem is blykbaar gevind.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê die twee is na ‘n gesamentlike operasie in Mookgophong se landelike gebied aangekeer en is onderskeidelik 32 en 28 jaar oud en van Zimbabwe afkomstig. Hul sal na verwagting vandeesweek in die Modimolle landdroshof verskyn.
Die polisie het sake van huisroof en poging tot moord geopen nadat die Van Niekerk-egpaar op 15 Junie op hul plaas tussen Modimolle en Mookghopong oorval is terwyl hulle in hul bakkie gesit het. Die verdagtes het uit die bos op die bakkie afgestorm, geld geëis en is saam met die egpaar na die plaashuis. Kontant is uit die kluis gebuit en verskeie skote is gevuur. volgens Ngoepe.
Lesley is in die maag gewond waarna sy per helikopter na ‘n hospitaal in Pretoria geneem is.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button