Local NewsNews

Kinders leer oor Jesus met vakansiepret

Met die jongspan op skoolvakansie het die Sewendedag-Adventistekerk besluit om vakansievermaak vir hulle aan te bied in die vorm van die Amazing Adventure.

POLOKWANE – DiĆ© inisiatief het plaasgevind van 2 tot 6 Julie en het die jongspan heerlike afleiding, en sommige ouers ‘n blaaskans, gebied deur die kinders by verskeie aktiwiteite te betrek.

Die organiseerders, Hannelize Engelbrecht en Ariane van Wyk, vertel dat alhoewel hulle dit aanbied, is dit ‘n interkerklike week. “Dit is Christelik en Afrikaans. Ons het ‘n gemiddeld van 20 kinders per dag gehad en hulle het almal die aktiwiteite geniet,” vertel Hannelize.

Die kinders het elke dag met ‘n Bybelles begin en dan Bybel-aktiwiteite gedoen. Hulle het ook kunsvlyt gedoen en spog met fotorame wat hulle self gemaak het om hulle aan die week te herinner. Hulle het ook kolwyntjies versier, sand-kuns gedoen en papierbote gemaak.

“Die kunsaktiwiteite het gespruit uit die Bybelles van die dag en hulle het ook saam gesing. Die idee was dat hulle darem moes pret en plesier hĆŖ terwyl hulle meer oor Christenskap leer,” vertel Ariane.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button