Local NewsNews

Kry jou vars produkte by Kansa mark

Die Kanker Vereniging van Suid-Afrika (Kansa) Polokwane hou gereeld projekte om geld in te samel. Een so 'n projek is die jaarlikse vars produkte verkope.

POLOKWANE – Corné Marais, kantoorbestuurder by Kansa, vertel dat hulle al die produkte as skenkings ontvang en dat dit dan deel vorm van hulle geldinsameling.
“Inwoners kan reeds nou al bestel en dan die produkte op 20 Julie kom haal. Dit is slegs die vleis wat vooruit bestel moet word. Die groente kan op die dag aangekoop word.”
Vleis wat beskikbaar is sluit die volgende in:
• Maalvleis: R60 per kg.
• Wors: R60 per kg.
• Kookvleis: R60 per kg
• Biefstuk: R80 per kg
• Vark: R60 per kg
• Hoender: R40 per kg
• Wildskarkasse: R25 per kg (bestel nou).
• Eiers
• Vars vrugte en groente
“Kom ondersteun ons asseblief vir goeie kwaliteit vleis, vrugte en groente.”
Vir meer inligting, kontak Corné by cmarais@cansa.co.za
maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button