Local NewsNews

BREAKING NEWS – Ses leeus afgemaai – koppe en pote verwyder

Die polisie is op soek na die verdagtes wat gister (Sondag) ses leeus op ‘n plaas buite Rust de Winter buite Bela-Bela doodgemaak en vier se koppe en pote verwyder het. Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê ‘n werknemer op die plaas was op pad werk toe, toe hy ‘n bloedspoor sien en dit volg waarna …

Die polisie is op soek na die verdagtes wat gister (Sondag) ses leeus op ‘n plaas buite Rust de Winter buite Bela-Bela doodgemaak en vier se koppe en pote verwyder het.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê ‘n werknemer op die plaas was op pad werk toe, toe hy ‘n bloedspoor sien en dit volg waarna hy op ses karkasse afgekom het waarvan vier se koppe en pote verwyder is. Geen ledemate is van twee verwyder nie.
Ngoepe sê die voorlopige ondersoek toon dat die leeus vergiftig is. ‘n Broek en ‘n paar tekkies is ook op die toneel gevind.
Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, Alpheus Mokale by 082 565 6524 skakel.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button