Sakekamer vereer die top sakelui

Die Mokopane Besigheidskamer het verlede Woensdag, 20 Junie, erkenning gegee aan besighede en sakelui tydens die Mokopane Besigheidskamer se jaarlikse glansryke dinee by die Park Hotel.

MOKOPANE – Winda Austin-Loeve, SBI President, het die gaste toegespreek oor hoe georganiseerde besigheid kan bydra deur die stem te wees vir klein besighede.

“Kleinsakeondernemings is die ruggraat van ons ekonomie en die grootste skeppers van werksgeleenthede, sowel as die kliënte van korporatiewe organisasies.”

Die toekenningseremonie waartydens sakemense en besighede vereer word vir hulle diens aan die gemeenskap het daarna gevolg en die gaste het aan ‘n heerlike driegangete gesmul.

Toekennings vir diens aan die gemeenskap is oorhandig aan:

• Mogalakwena Working on Fire vir brandbestryding en -voorkoming in die distrik.

Andy Goetsch (President van die Mokopane Besigheidskamer) oorhandig hier aan Abel Duna van Working on Fire ‘n toekenning vir diens aan die gemeenskap vir brandbestryding en voorkoming in die distrik.

• Heritage Protection Group vir noodreaksie waar gemeenskap se veiligheid bedreig word.

• Doen dit met Rian vir algemene nutsdienste aan die gemeenskap.

James Kekana, Rian van Heerden en Heinrich Haultshauzen, (die span van Doen dit met Rian) het ‘n toekenning ontvang vir diens aan die gemeenskap.

• Bosveld vir meer as drie dekades se diens aan die gemeenskap.

Charmaine Lourens (Redakteur van Bosveld Review), ontvang Bosveld se toekenning vir dienste gelewer aan die gemeenskap van Andy Goetsch (President van die sakekamer) en Winda Austin-Loeve (SBI President)>

Uitsonderlike besigheidsgebou-ontwikkeling is toegeken aan:

• NTT Toyota Mokopane.

Justin le Roux hier saam met Nicolaas Le Roux en sy vrou, Nastachia (uitstaande prestasietoekenning ontvang nadat Midas as die beste in Suid Afrika 2018 aangewys is) saam met Eddie Texeira (uitsonderlike besigheidsgebou-ontwikkeling vir NTT Toyota Mokopane).

Uitsonderlike besigheidsopgradering:

• Mokopane Superspar.

Andy Goetsch, (President van Mokopane Besigheidskamer) en Winda Austin-Loeve (SBI President) oorhandig aan Ian Engelbrecht van Mokopone Super Spar ‘n toekenning vir uitsonderlike besigheidsopgradering.

• Lonely Oak Hotel.

Hugo Frouwse (eienaar van Lonely Oak Hotel) ontvang ‘n toekening vir uitsonderlike besigheidsopgradering van Andy Goetsch (President van die Mokopane Besigheidskamer) en Winda Austin-Loeve (SBI President) .

Uitsonderlike sportprestasie:

• Hanru Botha vir sy silver medalje vir stoei by die Statebondspele.

Andy Goetsch (President van die Mokopane Besigheidskamer) en Winda Austin-Loeve (SBI President) oorhandig aan Hanru Botha sy toekenning vir uitsonderlike sportprestasie. Hy het ‘n silver medalje vir stoei by Statebondspele verower).

Kleinsaketoekenning:

• Elna Botha van Décor Scene.

Uitstaande prestasie:

• Midas nadat hulle vroeër aangewys is as beste Midas in Suid-Afrika 2018.

• Wimpy wat vroeër vanjaar aangewys is as die beste Wimpy die in Limpopo- en Gautengstreek 2018.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version