Nuwe baadjie vir Oosskool se personeelkamer

Oosskool se personeelkamer het onlangs 'n splinternuwe baadjie aangetrek en dit is in ware styl gevier.

POLOKWANE – Die projek is aangepak nadat die skoolleiers van 2016 en 2017 vir die skool geld as geskenk ingesamel het om ‘n nuwe nessie vir die personeel te bou.

Oosskool se Skoolhoof, Gideon Pelzer, vertel daar word met reg gesê dat wanneer jy van jou besittings gee, jy maar weinig gee.

Gideon Pelzer (skoolhoof) saam en die 2016 en 2017 hoofleiers, Leana Swarts, Ruwan van der Watt, Efan Meyer en Mia van Straaten, saam met Peter Pratt van die Moolmangroep.

“Dit is slegs wanneer jy van jouself gee dat jy werklik gee. Daar is besonderse mense in ons gemeenskap wat bereid was om meer as net van hulle besittings te gee deur van hulself ook te gee. Sonder hierdie onbaatsigtige bydrae sou hierdie droom en hartsbegeerte nooit gestalte kon kry nie.”

Gideon Pelzer (skoolhoof) saam met die 2016- en 2017-hoofleiers, Ruwan van der Watt, Mia van Straaten, Leana Swarts en Efan Meyer.

Bouwerk aan die personeelkamer het reeds aan die einde van verlede jaar begin, en op Dinsdagaand, 19 Junie, het die skool ‘n geselligheid gehou om dié mylpaal te vier.

Rolspelers, insluitend die skool se beheerliggaam, hoofleiers van 2016 en 2017, Rokkon Development en die Moolmangroep is genooi vir die geleentheid.

Sonja Bezuidenhout en Jeanne van Straaten by die inhuldiging van die personeelkamer.

“Hierdie projek is ons sukses. Dit is ‘n nalatenskap vir die generasies wat nog deur hierdie pragskool moet stap. Ons opregte dank en waardering vir die rolspelers,” het Pelzer opgemerk.

Schalk Dreyer, die skool se Beheerliggaamvoorsitter was ook teenwoordig, asook Werner Nel en Nico Venter van Rokkon Development, Peter Pratt van die Moolmangroep, Karen Lehman, wat verantwoordelik was vir die dekor, en die hoofleiers van die 2016 en 2017 se gr.7-graadgroepe asook hul ouers.

Ilze Swarts, Adri Lambrecht en Monica van der Watt kuier saam by die opening.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version