Mnr. en Mej. Kruinie-finaliste gekies

Curro Heuwelkruin hou elke jaar 'n Mnr. en Mej. Heuwelkruin kompetisie waar daar vier deelnemers uit die drie huise genomineer word om deel te neem.

POLOKWANE – Dit is nie ‘n skoonheidskompetisie nie, en die wenners word bepaal deur die hoeveelheid welsynswerk wat hulle verrig.

Die huise, Deimos, Phobos en Triton, moet by verskillende organisasies in en om die stad betrokke raak en hulle met skenkings help waar nodig.

Die finaliste vir Triton is Anjé Dorfling, Hendrie Louw, Tyron Serradinho en Zené de Waal.

Triton se finaliste. Voor: Tyron Serradinho en Hendri Louw. Agter: Anjé Dorfling en Zené de Waal.

Die finalsite vir Phobos is Yvonne Claassens, Lara Prentzler, Deon Kriel en Keanu Paulo terwyl Tawanda Gopo, Moya Leopeng, Ndzaly Mabasa en Andani Ramatsia Deimos verteenwoordig.

Phobos se finaliste is Yvonne Claassens, Lara Prentlzer en Deon Kriel en Keanu Paulo.

Op Donderdag, 21 Junie, die dag voor die skole vir die wintervakansie gesluit het, het hulle hul jaarlikse bergbou-kompetisie gehou. Tydens hierdie kompetisie, moes leerders van die hele skool nie-bederfbare kos asook klere en komberse skool toe bring en dit dan op drie verskillende hope pak. Die groep met die grootste hoop aan die einde van die dag, wen dié kompetisie.

Tydens die geleentheid is die Bring the Love Home-inisiatief ook bekendgestel waar leerders kos skenk vir die werkers by die skool.

Elke graad bring ‘n spesifieke item wat dan alles in pakkies opgemaak word en aan die werkers gegee word.

Items het ingesluit kookolie, koffie en tee, koekies en springmieliepitte, pasta en stampmielies, mieliemeel en rys, blikkies boontjies, bees en vis, sout en suiker, tamatiesous en mayonnaise, eiers, graanvlokkies, hawermout, aartappelskyfies, lekkergoed en sjokolade, gaskoeldrank of aanmaakkoeldrank en grondboontjiebotter met konfyt.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version