Pieties vier hoof se verjaardag in volkleur

Vrydag het vele verrassings vir Willie Schoeman, hoof van Hoërskool Pietersburg ingehou toe lede van die skool se dagbestuur, perso­neel en leerders hom met ‘n spesiale program op sy verjaardag getrakteer het. Schoeman se dag het vroegoggend met ‘n ontbyt saam met die skool se dagbestuur by sy huis begin. Sy verwagtinge is oortref toe …

Vrydag het vele verrassings vir Willie Schoeman, hoof van Hoërskool Pietersburg ingehou toe lede van die skool se dagbestuur, perso­neel en leerders hom met ‘n spesiale program op sy verjaardag getrakteer het.
Schoeman se dag het vroegoggend met ‘n ontbyt saam met die skool se dagbestuur by sy huis begin. Sy verwagtinge is oortref toe hy by sy huis uitstap en deur ‘n erewag wat van sy huis tot in die skool se vierkant opgestel is, moes beweeg terwyl sy gunstelingmusiek oor luidsprekers gespeel is.
In die vierkant is stemboodskappe van sy kinders gespeel waarna Louis Nel, hoofseun, en Mari Geerkens, hoofmeisie, boodskappe van gelukwensing oorgedra het voordat elke graadverteenwoordiger ‘n geskenk oorhandig het.
Schoeman het ook ‘n geleentheid gekry om die kersies op sy verjaardagkoek uit te blaas, waarna leerders se rapporte uitgedeel is.
Die kwartaal is amptelik met ‘n kleurpretloop op die skoolterrein afgesluit en leerders het mekaar met rooi, groen en blou poeierverf, in die kleure van die skool, betakel.
Schoeman het na die verrigtinge gesê dat hy kon agterkom iets word beplan, maar was nie so ‘n groot geleentheid te wagte nie. Hy het personeel en leerders ‘n aangename rustyd toegewens.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Wihan Louw, graad 9, Zanica Ferns, graad 10 en graad 9-leerders PW Stols, Charl Steyn en Alex Beukman.
Graad 8-leerders, Truth Simons en Anzel Myburgh en Jessica Davids, graad 9, wys hul kleure na die pret.
Carlo Drotskie en Dawid Bester, graad 8-leerders, deel in die opwinding.
Graad 8-leerders, Lauren Coetzee en Melissa Smit neem ‘n ruskansie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version