PHS bied nou meer vir leerders met ekstra kuns-, dans- en musiekklasse

Wanneer die skool op 17 Julie vir die derde kwartaal begin, kan leerders van Hoërskool Pie­tersburg (PHS) nie net na ekstra wiskunde- en wetenskapklasse uitsien nie, maar ook by dans-, musiek- en kunsklasse inskakel. Die skool het verlede week bekendgemaak dat hulle ‘n ekstra myl vir leerders wil stap deur ‘n groter verskeidenheid buitekurrikulêre aktiwiteite …

Wanneer die skool op 17 Julie vir die derde kwartaal begin, kan leerders van Hoërskool Pie­tersburg (PHS) nie net na ekstra wiskunde- en wetenskapklasse uitsien nie, maar ook by dans-, musiek- en kunsklasse inskakel.
Die skool het verlede week bekendgemaak dat hulle ‘n ekstra myl vir leerders wil stap deur ‘n groter verskeidenheid buitekurrikulêre aktiwiteite aan te bied. Pieties-skakelbeampte, Elmari Craig sê dié behoefte is tydens die skool se onlangse opedag deur voornemende leerders en ouers geopper.
“Ons aanvanklike beplanning is om eers die ekstra klasse in verskillende lokale aan te bied en later ‘n kultuursentrum by die skool te begin. Musiek is reeds op kleinskaal beskikbaar, maar daar is nou meer opsies vir leerders terwyl kuns- en dansklasse deur plaaslike kenners aangebied sal word,” sê Craig.
Sy sê PHS-leerders sal voorkeur geniet, maar dat leerders van ander skole ook kan inskakel.
André de Kock sal die musiek behartig terwyl Marlize Kenmuir kuns, Marlise Erasmus dans en Helena Erlank die wiskunde en wetenskapklasse sal aanbied. Almal is baie opgewonde oor die geleentheid om by die skool betrokke te raak en aan leerders ekstra geleenthede te bied.

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version