NewsSchools

Ouers, kleuters wen pryse in kompetisie

Die prystrekking in Erica Raaikompetisie het kleuters en ouers verlede Woensdag by Erica Pre-primêre Skool opgewonde gehad en onderwysers moes bontstaan om die jongspan rustig te hou. Pryse is oorhandig aan kleuters en ouers wat die meeste kaartjies verkoop het. Ashley Sibley het die meeste kaartjies vir die prystrekking verkoop en het ‘n reuse teddiebeer …

Die prystrekking in Erica Raaikompetisie het kleuters en ouers verlede Woensdag by Erica Pre-primêre Skool opgewonde gehad en onderwysers moes bontstaan om die jongspan rustig te hou.
Pryse is oorhandig aan kleuters en ouers wat die meeste kaartjies verkoop het.
Ashley Sibley het die meeste kaartjies vir die prystrekking verkoop en het ‘n reuse teddiebeer as meisieswnner gekry. Jurgens Siepje het ‘n geel CAT-voorlaaier gewen omdat hy die meeste kaartjies van al die seuns verkoop het.
Ouers, Maryna Visagie, Gabi Snyman, Rikus Fourie, Charlene Nelson, Kevin McClashan, Liezel Pretorius, René Petitt, Cathy Swanson, Rudi Schoeman en Antoinette Jacobs was wenners en het met reuse pryse, wat ‘n geslagte skaap, ‘n rooibok en geskenkbewyse ingesluit het, weggestap. Skoolhoof, Monja Groenewald, sê die kompetisie was ‘n reuse sukses en R40 000 is ingesamel danksy prysskenkings. “Ons gaan die geld nuttig aanwend om ons terrein op te knap en opvoedkundige toerusting aan te koop.”

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Ashley Sibley van die Kameelperdklas is die meisie wat die meeste kaartjies vir die prystrekking verkoop het.
Jurgens Siepje van die Renosterklas het die meeste kaartjies in die seunsgroep verkoop.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button