Osies bibber om eerstehokkiespan te ondersteun

Serpe, musse en handskoene is verlede Woensdag ingespan om Bibberdag by Laerskool Pietersburg-Oos te vier en selfs ‘n Mnr en Mej Bibber is aangewys. Graad 5-leerder, Christiaan Roos is as Mnr Bibber gekies en Surika van Coppenhagen is as sy meisieseweknie gekies. Senior leerders kon hul boonop vroegaand warm wikkel met ‘n sokkie. Die opbrengs …

Serpe, musse en handskoene is verlede Woensdag ingespan om Bibberdag by Laerskool Pietersburg-Oos te vier en selfs ‘n Mnr en Mej Bibber is aangewys.
Graad 5-leerder, Christiaan Roos is as Mnr Bibber gekies en Surika van Coppenhagen is as sy meisieseweknie gekies. Senior leerders kon hul boonop vroegaand warm wikkel met ‘n sokkie.
Die opbrengs van die dag se verrigtinge was ten bate van die meisies eerstehokkie­span om hul ouers met die koste van die hokkietoer wat by Midstream College in Centurion gehou is, te help.
Volgens Michelle van der Westhuizen, hok­kie-hulporganiseerder, het Oosskool se eerste­span ‘n tweedeplek behaal en ses skole het deelgeneem. “Die meisies is dankbaar vir alles wat hulle ouers vir hulle doen en dié inisiatief is ‘n klein manier om te wys hulle waardeer alles wat hul ouers doen.”

Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Oosskool se meisies eerstehokkiespan het geld vir hul toer met Bibberdag ingesamel.
Exit mobile version