Oosskool skaakspelers se strategie te goed vir opponente

Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se o.9- en o.11-skaakspan het onlangs as Capricorn­distrikwenners uitgetree en die skool is ook as algehele wenners aangewys. Die o.9-skaakspan word deur Gerda-Mari Joone en Sonja Grobler afgerig terwyl die o.11-skaakspan deur Gerrit Ehlers en Sharon Jansen van Rensburg geslyp word. Joone sê die afrigters is baie trots op die spelers en …

Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se o.9- en o.11-skaakspan het onlangs as Capricorn­distrikwenners uitgetree en die skool is ook as algehele wenners aangewys.
Die o.9-skaakspan word deur Gerda-Mari Joone en Sonja Grobler afgerig terwyl die o.11-skaakspan deur Gerrit Ehlers en Sharon Jansen van Rensburg geslyp word.
Joone sê die afrigters is baie trots op die spelers en sien uit daarna om die spelers verder te help ontwikkel.
“Die kinders het die potensiaal om baie ver met skaak te vorder.”

Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Oosskool se o.11-skaakspan is Capricorndistrikwenners. Spanlede is Ben van Reede van Oudtshoorn, Benrico Louw en Alex Marais. In die middel is Marné Els, Andru van Zyl en Jahkuska Zanna. Agter is spanafrigters, Sharon Jansen van Rensburg en Gerrit Ehlers.
Exit mobile version