Net 6,4% in Limpopo ly honger, 57,4% afhanklik van staatstoelae

‘n Verrassende 93,6% van die huishoudings in Limpopo het genoeg kos en is volgens Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) die provinsie met die hoogste voedselsekerheid. Staatstoelaes is egter die hoofbron van inkomste vir 57,4% van die huishoudings. Volgens Stats SA se algemene huishoudelike peiling vir 2017 wat verlede Donderdag uirgereik is, ly slegs 6,4% van huishoudings …

‘n Verrassende 93,6% van die huishoudings in Limpopo het genoeg kos en is volgens Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) die provinsie met die hoogste voedselsekerheid.
Staatstoelaes is egter die hoofbron van inkomste vir 57,4% van die huishoudings.
Volgens Stats SA se algemene huishoudelike peiling vir 2017 wat verlede Donderdag uirgereik is, ly slegs 6,4% van huishoudings in die provinsie soms of altyd honger, teenoor ‘n nasionale syfer van 21,3%.
Slegs 8,3% van die Limpopo-bevolking, naas die Oos-Kaap, beskik oor mediese dekking.
Die getal mense wat nasionaal mediese dekking geniet, het vanaf 7,3 miljoen tot 9,5 miljoen toegeneem vanaf 2002 tot 2017, wat 16% van die bevolking uitmaak.
Limpopo loop ook voor as die provinsie wat oor die hoogste persentasie huishoudings met formele huisvesting beskik (91,7%).
Gesinne en afhanklikes in die provinsie wat deur familielede ondersteun word met gereëlde bydraes, beloop 23,2%. Die nasionale syfer is 9%.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Exit mobile version