Local NewsNews

Barmhartige samaritaan gee Pieter Odendaal (39) nuwe wiele

Odendaal is van geboorte af in sy onderlyf verlam wat veroorsaak dat hy sy dae in 'n rolstoel moet deurbring.

MOKOPANE – Nadat ‘n motoraangedrewe rolstoel onlangs aan Pieter Odendaal (39) geskenk is, is sy lewe nou vergemaklik en kan hy sy daaglikse take vinniger afhandel. Dit is alles te danke aan ‘n barmhartige samaritaan, Rudolf Coertse.

Odendaal is van geboorte af in sy onderlyf verlam wat veroorsaak dat hy sy dae in ‘n rolstoel moet deurbring. “Ek is my hele lewe in ‘n rolstoel wat soms vreeslik moeilik is. Ek werk by Enkwanati Security as ‘n administratiewe klerk. Annemarie van Niekerk van Van Niekerk Voere en Gert Kruger, my bedryfsbestuurder, het my nood raakgesien en met Coertse gepraat. Hy het toe die motoraangedrewe rolstoel aan my geskenk. Ek is baie dankbaar en wil dankie sê vir sy goeie hart. Dit is soos ‘n droom wat waar geword het.”

Volgens Van Niekerk het sy aanvanklik vir Coertse gevra om fondse in te samel om die motoraangedrewe rolstoel oor te koop. “Hy het gesê hy wil dit nie verkoop nie, maar eerder skenk,” sê sy.

Coertse sê: “Dié rolstoel het aan my oorlede ma behoort. Sy het dit.vir jare gebruik en ek het gedink om dit eerder vir iemand te gee wat dit nodig het, as om dit te verkoop.Van Niekerk het my gekontak en Odendaal was die perfekte kandidaat. Ek is bly ek kon sy hart verbly.”

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button