Nog geen arrestasie na plaasaanval op veeartse

Terwyl die polisie op die spoor van die vier gewapende mans is wat Vrydag die Van Niekerk-egpaar op ‘n plaas tussen Modimolle en Mookghopong aangeval het, het die provinsiale Demokratiese Alliansie (DA)-leier, Jacques Smalle ‘n skrywe aan die LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, Makoma Makhurupetje, gerig waarin hy ‘n vergadering wil belê om plattelandse veiligheid …

Terwyl die polisie op die spoor van die vier gewapende mans is wat Vrydag die Van Niekerk-egpaar op ‘n plaas tussen Modimolle en Mookghopong aangeval het, het die provinsiale Demokratiese Alliansie (DA)-leier, Jacques Smalle ‘n skrywe aan die LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, Makoma Makhurupetje, gerig waarin hy ‘n vergadering wil belê om plattelandse veiligheid te bespreek.
Smalle het Dinsdag bevestig dat die brief aan die departement oorhandig is en dat hy op terug­voering wag. Hy meen plattelandse gemeenskappe met boere en plaaswerkers loop toenemend die risiko om slagoffers van geweldmisdaad te word en dat die polisie nie genoeg hulpbronne het om hul te beskerm nie. “Gemeenskappe verdien ‘n regering wat hard werk om hul veilig te verseker en die wil om soortgelyke misdade daadwerklik aan te spreek.”
Smalle sê Lesley, wat in die maag geskiet is, is reeds uit die hospitaal ontslaan na ‘n operasie. Haar man, Hercu en plaaswerker, Abram Kethisha, is glo erg aangerand. Verskeie skote is geskiet.
Die Van Niekerk-egpaar, beide veeartse, is volgens provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe Vrydagoggend oorval terwyl hulle in hul bakkie gesit het. Die verdagtes het uit die bos op die bakkie afgestorm en geld geëis. Hulle is saam met die egpaar na die plaashuis en kontant uit die kluis gebuit, volgens Ngoepe.
Ongeveer 200 boere het saam met die misdaadbestrydingsorga­nisasie, Heritage Protection Group, ‘n soektog na die verdagtes geloods. Helikopters en spoorsnyers is ook ingespan.
Ngoepe sê enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, Gawie Greeff by 083 661 7239 skakel.

Story: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version