Hordes besoekers stroom na tradisieryke geleentheid

Tussen 2 800 en 3 000 besoekers het Saterdag na Hoër Tegniese Skool Tom Naudé gestroom waar die Bosveld Intervarsity 2018 aangebied is. Die feit dat daar nie plek vir ‘n muis op Tommies se hoofpawiljoen tydens die hoogtepunt van die dag toe Hoërskool Pie­tersburg (PHS) en Tommies se eerstespanne mekaar die stryd aangesê het, …

Tussen 2 800 en 3 000 besoekers het Saterdag na Hoër Tegniese Skool Tom Naudé gestroom waar die Bosveld Intervarsity 2018 aangebied is.
Die feit dat daar nie plek vir ‘n muis op Tommies se hoofpawiljoen tydens die hoogtepunt van die dag toe Hoërskool Pie­tersburg (PHS) en Tommies se eerstespanne mekaar die stryd aangesê het, was nie getuig van ‘n tradisie wat weer vir die derde agtereenvolgende jaar in sy volle glorie herleef.
“Ons in baie tevrede met die opkoms en gesindheid van besoekers aan die Bosveld Intervarsity en het net goeie terug­voering ontvang. Dit was aangenaam om te sien in watter goeie gees al die spanne deelgeneem het. Ons het geweet die eerste rugbyspan gaan swaarkry onder die Pieties, maar is trots op die o.14- en o.16-span wat uitste­kende rugby in oorwinnings omgeskakel het,” sê Tommiehoof, Piet Holtzhausen.
Tommies is ook trots op hul sokkerspan wat daarin geslaag het om Pieties 4-3 te laat les opsê. Op ander gebiede was PHS die sterker skool wat met die louere in gholf, rolbal, jukskei, boogskiet en skaak weggestap het.
Holtzhausen is optimisties oor die toekoms van die tradisie en glo Bosveld Intervarsity sal jaarliks op almal se lippe wees.
Hy het borge en elke persoon wat tot die suksesvolle geleentheid bygedra het, bedank.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Tommiehoof, Piet Holtzhausen, speel
‘n goeie hou op die gholfbaan.
Tommies se beheerliggaamvoorsitter, Eben Potgieter, wys sy slag op die rolbalbaan.
Cherise Swartz van Tommies in aksie.
Samuel Malata skop die bal.
Kevin Gelebe, o.16, kuier agter die pale.
Alex Hamman van Tommies se eerstespan skop pale toe.
Cindy Veldman wys ‘n medespeler waar om sy skei te gooi.
Leila Holtzhausen stuur die bal vir ‘n spanmaat.
Tommies se eerstespanspeler, CJ Nel, probeer ‘n Pietie stuit.
Tommie-sporthoof,
Kobus de Meyer, baan
sy weg doellyn toe.
Exit mobile version