Bosveld Intervarsity-trofee weer in PHS se besit

Hoërskool Pietersburg (PHS) het Saterdag vir die derde agtereenvolgende jaar die Bosveld Intervarsity gewen nadat die eerste rugbyspan vir Hoër Tegniese Skool Tom Naudé 78-11 geklop het. ‘n Stampvol pawiljoen het getuig van ‘n rugbyhonger gemeenskap wat die hoofwedstryd vir niks sou mis nie. Tommies het hard vir hul 11 punte baklei, maar Pieties se …

Hoërskool Pietersburg (PHS) het Saterdag vir die derde agtereenvolgende jaar die Bosveld Intervarsity gewen nadat die eerste rugbyspan vir Hoër Tegniese Skool Tom Naudé 78-11 geklop het.
‘n Stampvol pawiljoen het getuig van ‘n rugbyhonger gemeenskap wat die hoofwedstryd vir niks sou mis nie.
Tommies het hard vir hul 11 punte baklei, maar Pieties se aanvalle was te sterk met Brandon Cronjé wat vier keer agter die doellyn gekuier het om tot Pieties se telling van 78 by te drae.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Tommies se Wiehan Joubert en Pieties se Schalk Potgieter spook om balbesit in die lynstaan.
Taylor du Plessis stamp sy opponent af.
Franco du Plessis druk ‘n drie onder die pale.
Zander de Ridder word vasgevat.
Ruan van Tonder vind ‘n gaping om die losgemaal.
JC de Beer loop hom teen Tommies se verdediging vas.
Eben van der Heyde wen veld.
Exit mobile version