Local sportNewsSchoolsSport

BB Motorgroep borg trots PHS se eerstespan

16 Junie is weer Intervarsity tyd

In die lig van ‘n maatskappy wat sy bestaan 59 jaar gelede gemaak het as Datsun Handelaar en gegroei het tot waar ons vandag is, met 16 verskillende fabrikate wat die BB Groep verteenwoordig in Limpopo en Pretoria, is dit met trots dat ons die hoofborg van Hoërskool Pietersburg se eersterugbyspan is.

Met die Bosveld Intervarsity wat self ryk is aan geskiedenis en tradisie van die Limpopo bosveld is dit vir ons ‘n voorreg om weer deel te kan wees van hierdie jaar se Bosveld Intervarsity, waar Tom Naudé en PHS mekaar gaan pak in verskeie sportsoorte.

Natuurlik is die grootste opwinding van die dag, die rugbyspanne wat kragte gaan meet.

PHS wat ook dié jaar sy 97 bestaansjaar vier spog as een van die top skole in Limpopo en sal hierdie jaar ook sy titel as die Bosveld-kampioen verdedig.

Die Oumanne wat weer dié jaar deur BB Auto geborg word, wat ook hulle titel sal verdedig, sal soos gewoonlik vir ons ‘n voorsmakie geen van wat die twee eerstespanne vir ons gaan inhou.

Ons nooi alle Polokwane-inwoners uit na hierdie spog geleentheid, om nie net die Bosveld Intervarsity-tradisie te ondersteun nie, maar ook die passsie vir skolesport. Aan PHS en Tom Naudé, baie sterkte vir julle hierdie jaar in die Bosveld Intervarsity en mag sportmangees die wenner wees van hierdie jaar se byeenkoms.

‘n Uitdaging aan al ons sportseuns en -meisies, kom ons begin ook die Hand Shake Challenge voor ons enige van ons wedstryde begin.

Sportgroete

BB Auto (Karel Ferreria)

Related Articles

Back to top button